Audible会員プラン登録で、12万以上の対象タイトルが聴き放題。

Amazonプライム会員限定

3か月無料

聴き放題対象外タイトルです。Audible会員登録で、非会員価格の30%OFFで購入できます。
期間限定:2024年7月22日(日本時間)に終了
2024年7月22日までAmazonプライム会員限定で3か月無料体験キャンペーン開催中(プライム会員以外の方は30日間無料)。詳細はこちら
会員は12万以上の対象作品が聴き放題、アプリならオフライン再生可能。
Audibleでしか聴けない本やポッドキャストも多数。プロの声優や俳優の朗読も楽しめます。
無料体験終了後は月額¥1,500。いつでも退会できます。
『13 Uur』のカバーアート

13 Uur

著者: Deon Meyer
ナレーター: Nic De Jager
¥2,590で会員登録し購入

無料体験終了後は月額1,500円。いつでも退会できます

¥3,700 で購入

¥3,700 で購入

下4桁がのクレジットカードで支払う
ボタンを押すと、Audibleの利用規約およびAmazonのプライバシー規約同意したものとみなされます。支払方法および返品等についてはこちら

あらすじ・解説

Uiteindelik is dié blitsverkoper nou ook as luisterboek beskikbaar! Om 05:36 hardloop die vrou teen die hang van Leeukop. Sy is jonk, beeldskoon, Amerikaans - en beangs. Sy word soos ʼn dier gejag deur mans wat net ure gelede haar beste vriendin se keel afgesny het.Om 05:43 bel hulle vir speurder-inspekteur Bennie Griessel wakker. Hy moet kom, ʼn jong meisie se lyk lê langs St. Martini, die Lutherse kerk bo in Langstraat. Die vorige aand nog het hy gedink dit gaan vir hom ʼn spesiale dag wees: Die begin van ʼn nuwe era in sy loopbaan, as mentor van ʼn groep jong swart en bruin speurders. En hy verwag nuus oor sy bevordering.‘Kaptein Bennie Griessel'. Dit klink vir hom reg.Behoort ʼn redelik normale dag te wees. Tot sy jong span polisiemense begin stry, baklei, struikel. Met die kerkmoord. Met die middeljarige, alkoholis-vrou wat haar man, ʼn groot gees in die Afrikaanse musiekbedryf, twee keer met sy eie pistool deur die hart geboor het. Met die soektog na die Amerikaanse toeris. Terwyl die diplomatieke telefoonlyne vuurwarm gebel word en selfs die Minister begin druk toepas, sodat die hele mentor-ding soos mis voor die son verdwyn en Griessel self moet inklim om die gemors te probeer red.Om nie eens te praat van sy persoonlike probleme nie. Sy bankrekening lyk sleg, hy stoei nog met die dranklus, sy vervreemde vrou Anna bel uit die bloute en sê vanaand is die aand dat hulle oor die toekoms moet gesels. Weet sy van die 26-jarige rekenaartegnikus met die aansienlike borste wat hy gisteraand, in ʼn oomblik van swakheid, op sy sitkamerbank beetgekry het?Boonop kondig sy vriend en kollega Mat Joubert aan dat hy die SAPS gaan verlaat, en dan bel sy seun Fritz met die nuus dat hy klaar is met skool, hy gaan kitaarspeler word in ʼn rock-groep met die naam van ‘Wet & Orde'.En dan, net wanneer hy op die punt staan om die Amerikaanse meisie te red, skiet hulle vir Bennie Griessel. Reg in die hart.Redelik normale dag, jou tipiese dertien uur van Suid-Afrikaanse wetstoepassing.

Please note: This audiobook is in Afrikaans.

©2013 Deon Meyer (P)2013 NB Publishers

同じ著者・ナレーターの作品

13 Uurに寄せられたリスナーの声

カスタマーレビュー:以下のタブを選択することで、他のサイトのレビューをご覧になれます。