Nuusmakers met Mia Spies

著者: Mia Spies & Volume
  • サマリー

  • "Nuusmakers" is ‘n weeklikse aktualiteit-geselsprogram aangebied deur die bekroonde joernalis, aanbieder en ‘podsender’ Mia Spies. Mia voer ‘n gemaklike in-diepte gesprek met ‘n aktuele persoon, wat ‘n kenner is in sy/haar veld is. Dit strek oor ‘n verskeidenheid onderwerpe van politiek, onderwys, die omgewing en ander kwessies wat relevant én interessant vir die breër Afrikaanssprekende gemeenskap is. Nuusmakers, is ‘n produksie in samewerking met die potgooi-produksiehuis Volume, en word vervaardig deur Roland Perold en Kyran Blaauw. Vir meer inligting oor Volume gaan na https://www.volume.africa.
    Copyright 2023 Mia Spies & Volume
    続きを読む 一部表示
activate_samplebutton_t1
エピソード
  • Drie urineer-voorvalle by Maties: US se dr. Leslie van Rooi vertel wat fout is en hoe hulle dit aanspreek.
    2022/11/04

    Drie afsonderlike urineer-voorvalle by die Universiteit Stellenbosch het die laaste ses maande die nuus gehaal. Al die voorvalle was by manskoshuise en daar was glo baie drank betrokke by elkeen. In die jongste voorval verlede week het ‘n erg besope student in die kamer van medestudente by die Eendrag-koshuis geürineer. Mia Spies vra die senior direkteur van sosiale impak en transformasie aan die Universiteit Stellenbosch dr Leslie van Rooi wat die rede is vir die gedrag en wat daaraan gedoen word.

    続きを読む 一部表示
    18 分
  • Brittanje het (wéér) ‘n nuwe premier. Hermann Pretorius vertel vir Mia Spies wat jy moet weet van Rishi Sunak.
    2022/10/28

    Teen dié pas gaan die Britse koning Charles III meer eerste ministers as sy ma deurdraf. 15 eerste ministers het onder Koningin Elizabeth II gedien. Koning Charles trek nou al by sy 2de, nadat Liz Truss ná net 45 dae (die kortste termyn in Brittanje se geskiedenis) bedank het. Ná 'n week van hoogdrama is Rishi Sunak, die voormalige minister van finansies, as haar opvolger aangewys. Hermann Pretorius van die Instituut vir Rasseverhoudinge, wat die Britse politiek fyn dophou, gesels met Mia Spies.

    続きを読む 一部表示
    15 分
  • “Daar is groot fout” Só sê aktivis Caroline Peters ná jongste vlaag kindermoorde.
    2022/10/21

    Daar was die laaste ruk verskeie voorvalle van kindermoorde in die nuus, maar met ander groot nuus (Zuma se korrupsieverhoor is uitgestel en die Steinhoff-sage) het dit nie die hoofopskrifte gehaal nie. Die grusame moord op Bokgabo Poo (4) van die Gautengse Oos-Rand wat ontvoer, verkrag en vermink is het my opnuut laat besef hoe ernstig die “epidemie” van geweld teen vroue en kinders in Suid-Afrika is, en hoe belangrik dit is om dit aan die groot klok te hang. Die uitvoerende direkteur van die Callas Foundation Caroline Peters werk elke dag met voorvalle van geslagsgeweld, en vertel vir my wat die situasie op voetsoolvlak is.

    続きを読む 一部表示
    14 分

あらすじ・解説

"Nuusmakers" is ‘n weeklikse aktualiteit-geselsprogram aangebied deur die bekroonde joernalis, aanbieder en ‘podsender’ Mia Spies. Mia voer ‘n gemaklike in-diepte gesprek met ‘n aktuele persoon, wat ‘n kenner is in sy/haar veld is. Dit strek oor ‘n verskeidenheid onderwerpe van politiek, onderwys, die omgewing en ander kwessies wat relevant én interessant vir die breër Afrikaanssprekende gemeenskap is. Nuusmakers, is ‘n produksie in samewerking met die potgooi-produksiehuis Volume, en word vervaardig deur Roland Perold en Kyran Blaauw. Vir meer inligting oor Volume gaan na https://www.volume.africa.
Copyright 2023 Mia Spies & Volume

Nuusmakers met Mia Spiesに寄せられたリスナーの声

カスタマーレビュー:以下のタブを選択することで、他のサイトのレビューをご覧になれます。