エピソード

  • Hunter Kennedy
    2023/07/25
    Hunter Kennedy in gesprek met Elmarie Claassens.

    Hunter Kennedy is 'n bekende rocker en die skepper van die lirieke van Fokofpolisiekar en Die Heuwels Fantasties – Suid-Afrikaanse musiekgroepe met kultusstatus.

    Hunter gesels in hierdie aflewering oor 20 jaar in die musiekbedryf, die "Fok God"-insident, sy proses om liedjies te skryf, die donker tye in sy eie lewe en hoe hy homself nie te ernstig opneem nie.

    Elmarie Claassens is 'n kliniese sielkundige in 'n privaat praktyk.

    NB: Menings wat deur gaste in hierdie reeks uitgespreek word, verteenwoordig nie die menings van die onderhoudvoerders nie. Insgelyks verteenwoordig geen mening of uitspraak in hierdie podsendingreeks die opinie van die Noordwes-Universiteit, die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, BlueTek Computers of watkykjy.co.za nie. Afrikaans.Radio · vloek.co.za
    続きを読む 一部表示
    46 分
  • Kobus van Rooyen
    2023/07/25
    Kobus van Rooyen in gesprek met Gerhard van Huyssteen.

    Prof. Kobus van Rooyen is een van die prominentse figure in die ontwikkeling van publikasiebeheer in Suid-Afrika. Hy was onder andere vanaf 1980 tot 1990 voorsitter van die Appèlraad oor Publikasies toe boeke soos Magersfontein o Magersfontein! en Kennis van die Aand ontban is. Hy was ook die voorsitter van die komitee wat die nuwe Wet op Films en Publikasies van 1996 geskryf het. Lees ook gerus sy boek A South African censor's tale.

    Kobus gee in hierdie episode 'n boeiende maar bondige oorsig oorsig oor die ontwikkeling van publikasiebeheer in Suid-Afrika. Hy vertel interessante staaltjies uit die binnekringe van die regering en die mense wat boeke verban en ontban het. Ook besin hy oor wat volgens hom 'n beste aanpak is met betrekking tot die beskerming van kinders.

    [Gerhard B van Huyssteen is 'n professor in Afrikaanse taalkunde en taaltegnologie aan die Noordwes-Universiteit.]

    NB: Menings wat deur gaste in hierdie reeks uitgespreek word, verteenwoordig nie die menings van die onderhoudvoerders nie. Insgelyks verteenwoordig geen mening of uitspraak in hierdie podsendingreeks die opinie van die Noordwes-Universiteit, die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, BlueTek Computers of watkykjy.co.za nie. Afrikaans.Radio · vloek.co.za
    続きを読む 一部表示
    48 分
  • Marita van der Vyver
    2023/07/25
    Marita van der Vyver in gesprek met Elmarie Claassens.

    Marita van der Vyver is een van Afrikaans se bekendste skrywers met meer as 30 publikasies agter haar naam, insluitende volwasse, kinder- en jeugromans, kookboeke, essays, radiodramas, vertalings, en so meer. Talle van haar boeke is met van die belangrikste toekennings in Suid-Afrika bekroon, en heelwat van hulle is in ander tale vertaal. Ook is van haar boeke omgeskakel in films of verhoogstukke, terwyl sy self ook die aanbieder van die TV-reeks "Marita kook" was.

    Marita gesels in hierdie aflewering oor die voortgaande stryd rondom die onafhanklikheid van die vrou, taboes rondom vroulike wellus en seksualiteit, menstruasie, eufemismes en hoe 'Griet' steeds relevant bly.

    [Elmarie Claassens is 'n kliniese sielkundige in 'n privaat praktyk.]

    NB: Menings wat deur gaste in hierdie reeks uitgespreek word, verteenwoordig nie die menings van die onderhoudvoerders nie. Insgelyks verteenwoordig geen mening of uitspraak in hierdie podsendingreeks die opinie van die Noordwes-Universiteit, die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, BlueTek Computers of watkykjy.co.za nie. Afrikaans.Radio · vloek.co.za
    続きを読む 一部表示
    52 分
  • Sophia Kapp
    2023/07/25
    Sophia Kapp in gesprek met Gerhard van Huyssteen.

    Sophia Kapp is 'n bekende skrywer van Afrikaanse romanses, liefdesromans en ander fiksiegenres. Verskeie van haar boeke is al bekroon, terwyl haar boeke ook dikwels bo-aan die topverkoperlyste in Suid-Afrika pryk. Een van haar bekendste en gewildste boeke is sekerlik Oorlewingsgids vir ’n bedonnerde diva. Sophia is sedert 2013 lid van die Taalkommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns en werk sedert 2014 as taaladviseur by die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA).

    In hierdie aflewering gesels Sophia aan die een kant oor haar persoonlike lewe en die rol wat vloek en ander taboes daarin speel - veral ook in haar verhoudings met haar pa, ma en seun. Aan die ander kant besin sy oor die funksie van vloekwoorde in (veral Afrikaanse) fiksie en hoe die gebruik daarvan van genre tot genre verskil.

    [Gerhard B van Huyssteen is 'n professor in Afrikaanse taalkunde en taaltegnologie aan die Noordwes-Universiteit.]

    NB: Menings wat deur gaste in hierdie reeks uitgespreek word, verteenwoordig nie die menings van die onderhoudvoerders nie. Insgelyks verteenwoordig geen mening of uitspraak in hierdie podsendingreeks die opinie van die Noordwes-Universiteit, die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, BlueTek Computers of watkykjy.co.za nie. Afrikaans.Radio · vloek.co.za
    続きを読む 一部表示
    1 時間
  • Chris Vorster
    2023/07/25
    Chris Vorster in gesprek met Elmarie Claassens.

    Chris Vorster – bekend as onder andere Ryno Lategan van 7e Laan-faam – is sedert 1995 'n skrywer en regisseur vir en akteur op verhoog en televisie. Hy het al ongeveer 55 verhoogproduksies geskryf, asook die regie van baie daarvan gedoen. Hy is tans 'n dosent in film en televisie aan die Universiteit van die Vrystaat.

    Chris gesels in hierdie aflewering oor sy grootwordjare, hoe hy vloekwoorde in karakterbybels gebruik, asook oor hoe om die fyn balans te handhaaf tussen aanstoot gee en paai in skryfwerk en regie.

    [Elmarie Claassens is 'n kliniese sielkundige in 'n privaat praktyk.]

    NB: Menings wat deur gaste in hierdie reeks uitgespreek word, verteenwoordig nie die menings van die onderhoudvoerders nie. Insgelyks verteenwoordig geen mening of uitspraak in hierdie podsendingreeks die opinie van die Noordwes-Universiteit, die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, BlueTek Computers of watkykjy.co.za nie. Afrikaans.Radio · vloek.co.za
    続きを読む 一部表示
    50 分
  • Melt Sieberhagen
    2023/07/25
    Melt Sieberhagen in gesprek met Gerhard van Huyssteen.

    In die Afrikaanse komediewêreld is Melt Sieberhagen een van die prominentste figure, veral onder 'n nuwe geslag akteurs. Sy bekendheid strek egter wyer as net in komediesirkels: Hy is ook 'n gerekende en geliefde TV-, film- en verhoogakteur, regisseur, redigeerder, skrywer en stemkunstenaar. Van bekendste produksies waarby hy betrokke was, sluit in Proesstraat en Fynskrif (TV), Poena is koning en District 9 (film), en Nagskofkliek (verhoog).

    Melt gee 'n noukeurige analise van wat bedoel word met "gemotiveerd" as mense sê "vloek moet gemotiveerd wees". Hy identifiseer spesifieke parameters waaraan die gemotiveerdheid gemeet kan word. Hy praat ook – gebaseer op sy eie ervaring – oor die verskille tussen komedie, skerpsketsery, roskamming ("roast") en improvisasiekuns. Ter afsluiting gee hy insig in die wêreld van oorklanking.

    [Gerhard B van Huyssteen is 'n professor in Afrikaanse taalkunde en taaltegnologie aan die Noordwes-Universiteit.]

    NB: Menings wat deur gaste in hierdie reeks uitgespreek word, verteenwoordig nie die menings van die onderhoudvoerders nie. Insgelyks verteenwoordig geen mening of uitspraak in hierdie podsendingreeks die opinie van die Noordwes-Universiteit, die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, BlueTek Computers of watkykjy.co.za nie. Afrikaans.Radio · vloek.co.za
    続きを読む 一部表示
    56 分
  • Kim Cloete
    2023/07/25
    Kim Cloete in gesprek met Elmarie Claassens.

    Kim Cloete is 'n bekende akteur wat haar loopbaan begin het as veldaanbieder vir 'n kinderprogram, en sy word geken vir haar deernisvolle vertolking van ingewikkelde karakters. Sy is nie net 'n aktivis-akteur nie, maar ook 'n suksesvolle sakevrou.

    Kim gesels in hierdie aflewering openlik oor die grootste taboe wat sy al ooit ervaar en moes oorkom het, en sy verduidelik hoe sy betekenis vind in haar loopbaan deur juis aktivisties op te tree en taboes direk aan te pak. Aandag word ook gegee aan stereotipering van karakters deur middel van teks, en intensie agter woorde en kommunikasie. Kim beskryf die p-woord soos nog min gehoor.

    [Elmarie Claassens is 'n kliniese sielkundige in 'n privaat praktyk.]

    NB: Menings wat deur gaste in hierdie reeks uitgespreek word, verteenwoordig nie die menings van die onderhoudvoerders nie. Insgelyks verteenwoordig geen mening of uitspraak in hierdie podsendingreeks die opinie van die Noordwes-Universiteit, die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, BlueTek Computers of http://www.watkykjy.co.za/ nie. Afrikaans.Radio · vloek.co.za
    続きを読む 一部表示
    1 時間 7 分
  • Dawid Minnaar
    2023/07/25
    Dawid Minnaar in gesprek met Elmarie Claassens.

    Dawid Minnaar is 'n bekroonde en geliefde akteur en is bekend vir rolle op die silwerskerm, verhoog, TV en radio. Dawid is al vir 40 jaar in die vermaaklikheidsbedryf en is sonder twyfel 'n ikoon in Suid-Afrikaanse film- en teater.

    Dawid gesels gesels in hierdie aflewering oor vloek, moraliteit, emosionele intelligensie en goeie maniere. Hy brei uit oor die dinamiek van diplomasie en valsheid. Die gesprek fokus later op die funksie van vloek op die verhoog en hoe onnodige vloek 'n teks kan laat verwater.

    1 時間 6 分